Jakkie Louw

Jakkie Louw, sanger, skrywer en akteur, is gebore in Oudtshoorn aan ‘n dominee as jongste van sewe kinders. Jakkie het op 15-jarige ouderdom die kitaar geneem en Cat Stevens en REM liedjies geleer na die dood van sy broer, Frikkie, op 18 jaar. Hy het later Engelse liedjies skryf in dieselfde ‘genre’. Jakkie se instrument van keuse op daardie stadium, was die baskitaar. In 1996 was Jakkie in ‘n groot motorfietsongeluk en het die gebruik van sy bene vir maande verloor. Dit het ongelukkig beteken dat hy sy plek as baskitaarspeler in sy orkes verloor het. In die hospitaal het hy sy eie orkes begin waar hy self die liedjies geskryf en gesing het. Daar in sy hospitaalbed het Jakkie homself leer kitaar en mondfluitjie speel. Jakkie het later daardie jaar Bellville battle of the bands gewen met sy orkes. Die top rock bands in Suid-Afrika kom toevallig uit Bellville en Jakkie se hoërskool DF Malan.

As B.Comm student op Stellenbosch het Jakkie Afrikaans begin skryf en by die pubs opgetree. In 1998 het Jakkie sy eerste betaling vir ‘n vertoning ontvang: ‘n volle R300 en ‘n glas Tassies. Liedjies soos ‘n Bottel Tas en Rambo die polisiehond het dadelik aandag getrek en Jakkie is genooi om saam met sy orkes te toer in Pretoria. Jakkie se musiekstyl was ongeken in Pretoria en hy het dadelik naam gemaak in die plaaslike pubs in Hatfield en Johannesburg naby RAU. ‘Party party party in die wes transvaal.’ ‘Yes my bra dis lekker in Pretoria!!’ se klanke was Pretoria vol. Dit is hier in dié kuierplekke waar Drie Pikkewyne gebore is. Jakkie se sagte kant het ook liedjies soos Een miljoen woorde en die bekende Voshaarnooi (saam met Kevin Leo) die lig laat sien. Jakkie se kombinasie van lekker kuier liedjies en sagter teater musiek maak sy lewendige optrede verseker iets wat na aan die Afrikaner se hart lê.

Met Jakkie se humorsin en oorspronklike klank, vier hy al meer as twee dekades in die musiekbedryf en het al twee SAMA nominasies asook verskeie ander toekennings ontvang. Jakkie help jong musikante en het die boek, Musikant 101 geskryf om jong musikante te help met aspekte in die bedryf wat moeilik kan wees. As jong getroude Pa het Jakkie twee kinderboeke die lig laat sien en toer deesdae met ‘n poppekas genaamd Felias en Pokkel.

By Vollebors in Afrikaans kan konsertgangers uitsien na Een miljoen woorde en Drie Pikkewyne.

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*