Henning Joubert

Henning Joubert lewer ‘n musikale bydrae wat ‘n aanwins is in enige produksie, Vollebors in Afrikaans ingesluit. Hoe dan ook anders, hy het al begin musiek maak op 7-jarige ouderdom!

Sy pa was ook ‘n musikant, dus was daar altyd ‘n instrument wat iewers rondgelê het en waarmee hy kon eksperimenteer. Op 12-jarige ouderdom het Henning konsertina gespeel in Goudkop Primere Skool se boere-orkes. Ná skool het hy musiek (kitaar) gaan studeer by die Jazz Departement van die Technikon van Pretoria, waar hy ‘n beurs ontvang het.

Henning was ‘n lid van die Revolutionere Afrikaanse Rock Groep, Beeskraal en het gereeld saam met die orkes getoer. Ná Beeskraal het hy op vryskutbasis vir kunstenaars soos William Blackrose, Steyn Fourie en ‘n paar “cover bands” gespeel en later op ‘n permanente basis saam met Dozi begin toer, gevolg deur Robbie Wessels en Bok van Blerk.

Hy is ‘n veelsydige musikant in murg en been, is bekwaam as vervaardiger, verwerker, komponis en skrywer en bespeel boonop nege instrumente, waaronder kitaar, akoestiese kitaar, konsertina, mandolien en baskitaar, blues harp, banjo, klavier en trekklavier.

Op sy nuutste album, Vuur Aansteek Boeremusiek, kan luisteraars lekker moderne boeremusiek geniet wat Henning se gunstelinge is en waarvan hy self die musiekverwerkings gedoen het. Hy is ook te hoor op baskitaar, kitaar en konsertina

Henning sal ….. en …….. saam met ……. sing by Vollebors in Afrikaans op 23 Mei. Moet dit nie misloop nie!

Toekennings sluit in ATKV, die Rock Guild – Beste konsertina speller (17 jaar), Eisteddfod en Guinness Book of Records vir die grootste konsertina ensemble.

In 2001 het hy die Sakkie-Langarm-Boereorkes Kompetisie op kykNet gewen en die album van gevolg het, het weggestap met ‘n SAMA-toekenning.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*