Richard Van Der Westhuizen

Richard van der Westhuizen benodig beslis geen bekendstelling nie. Dié akteur en sanger se loopbaan strek oor meer as veertig jaar. Vanaf sy eerste groot optrede op die verhoog as Tertius van Aarde onder regie van Pieter-Dirk Uys, rolle saam met geliefde akteurs soos Mees Xteen, Siegfried Mynhardt, Trudie Taljaard, Ben Kruger, Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Grethe Fox, Elize Cawood, Michelle Boters, Antoinette Kellermann en Pierre Knoesen volg deur die jare. Hy het gewerk saam met talentvolle regisseurs soos P.G. du Plessis, Cobus Rossouw, Sandra Kotze, Tjaart Potgieter en Pieter-Dirk Uys.

Hy was betrokke by vele televisiereekse soos meer Agter Elke Man, Ballade vir ‘n Enkeling, Onder draai die Duiwel rond en Plek van die Vleisvreters. Sepierolle in onder meer 7de Laan in 2005 en 2006 volg, asook Binneland vanaf 2008 vir kykNET.

Deur sy roemryke loopbaan het hy in verskeie rolprente gespeel asook verskeie optredes gehad by feeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop, Innibos en die Stellenbosch Woordfees Stellenbosch.

Al is hy ‘n immergewilde akteur wat steeds kykers op die kassie vasgenael hou in Binneland, is hy net so bekend as sanger. Sy loopbaan het in 1979 afgeskop met ‘n toer deur Namibië met Die Lewe is ‘n Grenshotel. Henry Mylne het hom genader om die temalied te skryf vir sy TV-reeks, Ballade vir ‘n Enkeling. Hy moes dit boonop sing, mense hou daarvan en skielik ontvou ‘n nuwe loopbaan. Tesame met Louis van Rensburg werk hul aan die klankbaan vir die twee reeks en gaan in ‘n japtrap goud. Daarna volg Tussen Treine saam met Lochner de Kock. Nog agt albums volg deur die jare.

Richard het oorklankings hanteer vir die SABC, derduisende Afrikaanse lirieke geskryf wat ons opgeneem is vir oorgeklankte Afrikaanse kinderprogramme en musiekregisseur vir die plaaslike weergawe van Sesame Street vir die SABC. Radio is ‘n groot gunsteling en hy het vir ses jaar gespeel in SAfm se middagsepie, Radio Vuka asook sy eerste radiodrama, Splinterglas, geskryf (2014 op RSG) Laat Herfs (2018 op RSG) en The Frame in 2016 op SAfm.

Vollebors

Konsertgangers kan uitsien wanneer Richard Ballade vir ‘n Enkeling sing asook ‘n verwerking van Tussen Treine doen tesame met Gerhard Steyn.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*