Tarryn Lamb

Tarryn Lamb, ‘n boorling van Kaapstad, is ‘n bekroonde sangeres, skrywer en aktrise. Vanaf 2012 was sy deel van die groep, BlackByrd wat tussen 2013 en 2017 sewe SAMA-nominasies ontvang het en agt Top 10 radio enkelsnitte soos All For Me, From The Bottom of My Heart and I Love You, I Just Simply Do. Die gewilde Tarryn Lamb is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het en het sommer met die intrapslag diep spore begin trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. In 2019 het sy die land gaande gehad oor haar met haar treffer enkelsnitte, Vier Woorde en Mal Oor Jou wat verskyn op haar debuutalbum, Mal Oor Jou. Mal oor jou bevat veertien snitte, meeste vanuit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen. Musiekvideo’s wat ook beskikbaar is is Vier Woorde en Mal oor jou. Daarna het sy haar gewilde album, Kersfees met Tarryn Lamb bekendgestel. Die eerste enkelsnit was die gewilde Langarm Krismis met Theuns Jordaan.

Toekennings:

  • 2018 – SAFTAS vir beste aktrise in ‘n ondersteunende rol vir haar rol as Kim Adams in die gewilde sepie, Suidooster. Sy het ook ‘n rol vertolk in die fliek, Ellen Pakkies verhaal.
  • 2019 – Mal oor jou was in 2019 Ghoema Musiek se Album van die Jaar.
  • Ander toekennings sluit in Vroulike Kunstenaar van die Jaar (Ghoema 2019) en Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar (Ghoema 2019).

Vollebors:

Tarryn sal twee liedjies lewer by Vollebors in Afrikaans, naamlik Vier Woorde asook ‘n optrede saam met ‘n mede-kunstenaar.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*