Gerhard Steyn

Gerhard Steyn is ‘n platinum bekroonde kunstenaar. Sy musiek is oorspronklik, uit die hart en genotvol dat hy sonder twyfel die die ere titel “Platinum Prins van Afrikaanse musiek” verdien. Sy talent as sanger en liedjieskrywer, voorkoms en persoonlikheid maak hom gewild by oud en jonk.

Gerhard het gedebuteer in 2000 tydens ‘n optrede saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis). Hierna het hy opgetree saam met Naas De Jager as die duetgroep Windpomp. Buiten sang/optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk en akteur, behartig hy produksies van kunstenaars. As liedjieskrywer is van sy werk deur Dozi, Annel Botha, Helene Bester, Anais, Wynand Strydom, Rudi Muller, Ricky Faber en ander opgeneem.

Gerhard het tans 11 albums op sy kerfstok en bykans elke woord kom uit Gerhard se pen. Die liedjies handel oor persoonlike filosofieë, lewenslesse, ervarings, hartseer, blydskap en die vrae wat mense het. Die spieëlbeeld van God gegewe talente en gawes.

Hy glo daarin om jou drome n ate volg met alles wat in jou is. Sy talent, oorspronklikheid, potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik. Gerhard Steyn het die suksesleër geklim en vandag is hy aan die bopunt met ‘n rede. Slegs harde werk, sy droom en omdat hy presies weet wat hy wil hê, het hom gehelp om suksesvol te wees.

Gerhard het in vyftien jaar sedert sy albums vir die eerste keer op die rakke verskyn het, seldsame en gesogte juwele tot die skatkis van Afrikaanse musiek gevoeg en ‘n enorme hoeveelheid musiekliefhebbers se harte in die proses gewen. Met al hierdie talente en seëninge bly Gerhard nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.

Musiek

  • 2004: Debuut album, “Teen die Berg”, word uitgereik.
  • 2006: “16 Songs” volg.
  • 2008: Derde album, “Breekbaar”, word uitgereik.
  • 2010: Vierde album, “Als Begin Eers Nou”, word uitgereik.
  • 2011: “Tien van Harte” verskyn. “Tydloos” wat in November 2011 verskyn, is ‘n duet album saam met immergroen liedjieskrywer, Richard van der Westhuizen.
  • 2012: Sy geestelike album, “Nuwe Krag”, verwys Gerhard na as geestelik, opbouend en motiverend.
  • 2013: Met “Brood en Melk”, album nommer agt, lewer hy ‘n kragtige en karaktervolle album.
  • 2014: Gerhard se 9de album, “Liefdesoorlog”, is ‘n duet album met Anaïs (die Suid- Afrikaanse ambassadeur van “Lifeline” en “Be Your Dream”).
  • 2015: Viering van sy tiende jaar in die Afrikaanse musiekbedryf met die vrystelling van sy tiende album, “Afrikaanse Meisies”.
  • 2016: “Hartvanger” is Gerhard se elfde album. Dit wys sy nuwe, vars, volwasse kant asook ‘n ernstiger sy van die reeds bekende liedjieskrywer en sanger.

Toekennings:

  • 2006 VAMT: Beste Liedjieskrywer saam met sy broer Danie, Boodskap in ‘n Bottel.
  • 2009 Wen Pretoria radiostasie Radio Rippel 90.5 se “Liedjie van die jaar kompetisie” waar die luisteraars vir hul gunsteling liedjie stem: “Baby Tjoklits”. 2009 VAMT: Liedjie van die jaar: “Baby Tjoklits”

Beste DVD vir enkel kunstenaar: “17 Songs op 17 Mei” Album van die jaar: “Breekbaar”

  • 2010 VAMT: Gewildste album van die jaar: “Als begin eers nou” “Diamante vir jou” is aangewys as Exactmobile se No 1 vir aflaaibare musiek in 2010.
  • 2011 VAMT: Word vereer vir sy Goue verkoopstatus van sy album “Tien van Harte” Ontvang ‘n Platinum eretoekenning vir sy album “Als begin eers nou”.
  • 2015: Die DVD “Forsaken” behaal binne 3 maande goue status.

Gerhard het ook ander talente waarvan TV aanbieder verseker een is. Tesame met Alvin Bruinders bied hul hul eie TV program aan: Konings van kitskos op VIA, Dstv Kanaal 147, wat sedert April 2017 te siene is en wat sorg vir hope pret en vermaak voor die kassie.

Hy is ook ‘n suksesvolle besigheidsman en mede-eienaar van Live@Wildebeest in Boksburg die grootste kuierplek aan die Oos-Rand.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*