STEF KRUGER – VOLLEBORS IN AFRIKAANS

Stef Kruger het in graad 9 begin eksperimenteer met lirieke en akkoorde en so is die eerste liedjie, “Gister en vandag”, uit sy pen gebore.

Sy ideaal was nie om self op te neem nie, maar vir ander kunstenaars te gee om dit te doen. Hy het lank gesukkel om sy liedjies in die mark te kry en Lucas Maree het sy eerste liedjie, “Kronkelpad beloftes” opgeneem.

Lydia Winchester het hom genader nadat sy die opname van Lucas Maree gehoor het en genoem dié tipe liedjie sal vir Dozi werk. Hulle het my gevra of ek ‘n paar Afrikaanse liedjies vir hom het en hulle kon kies uit die laaie vol – die wiel was aan die rol! Op dié stadium het Dozi al 70 van sy liedjies opgeneem, musiek en liriek, oor die 300 is in die mark deur ander kunstenaars opgeneem, bekend en onbekend. “Kronkelpad beloftes” is ook in ‘n internasionale film gebruik met die naam “Red Dust”. Drie van sy liedjies is in die nuwe FAK Sangbundel, “Tussen jou en my”, “Kronkelpad beloftes” en “Grassade in die wind”.

Stef is tans besig met Dozi se volgende album, dan sal die syfer sekerlik styg tot meer as 80 liedjies wat hy al van Stef opgeneem het. Stef sê hy dink dit is ‘n mylpaal en hy mik vir 100. Hy glo die beste liedjie wat hy geskryf het, moet hy nog skryf.

Toekennings:

  • 2004: Vonk Musiek Toekenning vir beste liedjie van die jaar, “Grassade in die wind”.
  • 2012: Die Goue Pen Toekenning by Cordis Trust vir sy bydrae tot Afrikaanse Musiek.
  • 2013: ATKV toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse Musiek.
  • 2016: Die Klein Reus Toekenning by Orania vir sy bydrae tot die Afrikaner kultuur.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*