GIAN GROEN – VOLLEBORS IN AFRIKAANS

Gian het sy loopbaan in die musiekbedryf in 1999 afgeskop as die voorsanger en liedjieskrywer van die eertydse rockgroep, Spinnekop.

Met sy debut EP, Soet September, word hy genomineer as beste nuweling by Die Geraas Musiek Toekennings in 2001. Kort na die uitreiking van Soet September word Gian se eerste enkelsnit, Vier Seisoene Kind, deur Laurika Raugh opgeneem as titelsnit van haar 2002 Album. Skielik was daar baie meer aandag op Gian die liedjieskrywer en ná die ontbinding van Spinnekop, het hy meer op die skryf van ernstige lirieke begin fokus.

In 2002 reik Gian sy eerste vollengte album getiteld, Groen Kitaar, uit saam met Spinnekop. Die groep is deur Beeld aangewys as Album van die jaar. Dit lei tot verskeie uitnodigings na groot musiekfeeste soos onder andere Huisgenoot Skouspel. Terwyl sy loopbaan op dreef kom, is Gian deur verskeie groot name soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Dozi, Kurt Darren en vele andere genader om sy liedjies op te neem. Sy eie weergawe van Vier Seisoene Kind is ook gebruik in ‘n FNB televisie advertensie.

Verskeie Gian Groen Albums sien die lig:

  • Met die maan gepla (2004 Tempo Nominasies vir beste rock album)
  • Lied van die Engele (2006)
  • Welkom in Somersburg (2008 Tempo Nominasies vir beste rock album en Liedjieskrywer van die jaar)
  • Stiltetyd (2011)
  • Dekade se Balades (Bokkies Toekennings nominasies vir beste Rock Album 2014)
  • #AlsIsNetLekker (Ghoema Nominasie vir beste Rock Album 2018)

Gian het al verhoeë reg oor die land gedeel met van Suid-Afrika se beste kunstenaars, maar tree gereeld op saam met kunstenaars soos Anton Goosen en Valiant Swart. Gian is die enigste liedjieskrywer wat ‘n snit saam met Anton Goosen geskryf het. Die Enkelsnit, Leeugamka, wat vir die eerste keer in 2005 opgeneem is, is weer onlangs opgeneem deur Gian en Anton en word eersdaags heruitgereik.

Een van Gian se interessantste projekte was om vir die Amerikaanse sangeres, Camille van Niekerk, te skryf. Haar van het Van Niekerk geword nadat sy met ‘n Suid-Afrikaner getroud is, maar praat nie juis Afrikaans nie. Wanneer sy sing, sal jy dit egter nooit raai nie! Die nuwe “download generasie” het gemaak dat CD-winkels hul deur begin sluit e nook veroorsaak dat kunstenaars meer kreatief moes raak om hul musiek met die wêreld te deel. Gian is tans volstoom aan die werk aan ‘n reeks enkelsnitte wat in 2020 geleidelik uitgereik sal word.

Gian se uitgangspunt is dat daar geen plek is vir oneerlikheid in die skryf van lirieke nie. Liedjies is blywend en kan nooit weggeneem word as dit eers uitgereik is nie.

When it comes to music, I know nothing but honesty” – Ben Harper

Vollebors:

Gian gaan Vier Seisoene Kind doen asook Leeugamka saam met Anton Goosen, wat dié twee jare gelede geskryf het. Daar sal ook ‘n nuwe video vir die eerste maal vertoon word.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*