Beeskraal

Beeskraal is een van Suid Afrika se bekendste rock groepe en het in 2019 hul 21ste jaar in die musiekbedryf gevier. Die Pretoria rock groep is ‘n mengsel van “The Clash” en “AC/DC” met ‘n konsertina en ‘n banjo. Die groep was die skakel tussen die destydste Voëlvry – beweging en hededaagse Fokkofpolisiekar generasie.

Sedert die laat 1990’s is die groep al as revolusionêr bestempel met hulle unieke klank en kan vergelyk word met die Amerikaanse ‘Cajun/ Americana’ genre. Die groep se mengsel van rock musiek met tradisionele instrumente het menige media en die publiek se aandag getrek en in 1998 het die Cape Times Beeskraal beskryf as ‘the Afrikaans music scene unleashed “Boeremusiek Beatlemania” or “Boerepunk”’.

Vandag het dié groep alreeds diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Talle toekennings is deur die jare heen deur die groep al ingepalm en steeds word die die groep bestempel as een van Suid Afrika se beste groepe. Hul is veral bekend vir hul energieke, lewendige optredes en individuele vernuf op hul instrumente.

Beeskraal doen ook baie liefdadigheidswerk in hul gemeenskap en is nou betrokke by Woman Against Rape, Stop geweldmisdaad aksies, Helpende Hand, DBV, en Wolmertrust vir minder bevooregtes.

Kortlikse feite:

  • 2002: Enigste Afrikaanse groep wat optree tydens Vryheidsdag te Uniegeboue op aandrang van die regering asook die eerste S.A groep wat genooi word na die Ukkassie fees in Londen te Wembley Stadium. 
  • 2003: saam MANDOZA enigste ander S.A kunstenaars tydens die World Food Hunger Concert te FNB stadion met ‘n bywoning van 80 000 mense
  • 2006: Deur die Nelson Mandela Tourism Board genooi om saam Mandoza op te tree op Nelson Mandela Bay Beach ter ere van President Nelson Mandela se verjaarsdag. Belgiese regering nooi Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees. Op groot aanvraag baie suksesvolle toere in London en Europa gespeel.
  • 2007: Verskyning op BBC News Live vanuit London tydens die IRB Wêreld Beker te Frankryk. “Headline” die Highveld Stereo en Rapport se RAW Rocks konsert se dvd opname te Sun City Superbowl saam met Karen Zoid, Theuns Jordaan en Valiant Swart. Span kragte saam met ander musikante o.a MD Greyling, Adam Tas, Elizma Theron en Steve Hofmeyr om plaasmoorde te stop. 
  • 2008: Tesame met Barney Simon as ‘mc’ stig Beeskraal ook die SA/DC band ter vereering van die legendedariese rockgroep AC/DC waarmee hul landswyd toer.

Optrede as Dozi se orkes te Emporers Palace vir 3 weke voor vol kapasiteit gehore vir Dozi se Creedance Clearwater Revival ‘tribute’

Stel hul 10 jaar album vry, ‘Roots en Boots’ met gas kunstenaars Dozi, Theuns Jordaan, Anton Goosen en Piet Botha.

  • 2014: Charles Smidt (stigterslid) bring die konsep na vore en is medevervaardiger van die baanbrekers reeks op kykNET Country Hart met Juanita du Plessis wat handel oor die geskiedenis van ‘country’ musiek en is verfilm oor 8 state in Amerika gedurende Maart en April 2014.
  • 2015: Beeskraal werk saam met Mandoza aan sy laaste lewendige opname vir SABC program “Jam Sandwich”. 
  • 2017: Stigterslid Charles Smidt begin die Cowboys4God internasionale gemeenskapsprojek. Southern Bluegrass Gospel Country Music.
  • Verskyning gemaak op programme soos Geraas, Pitstop, Dis Hoe dit is met Steve, Kwêla, Pasella, Draadloos, mk89, 7e Laan, Villa Rosa, Jukebox, Toks en Tjops ens. 
  • Musiek van die groep is op speellyste van verskeie nasionale sowel as gemeenskapsradiostasies en menige kere die gegewe radiostasies se die top posisies beklee.
  • Die groep het alreeds 12 vollengte albums uit. 

Toekennings:

2003: Kanna Toekenning (KKNK) vir Beste Afrikaanse Groep; Huisgenoot Tempo toekenning vir Beste Rock groep; Enigste Afrikaanse groep benoem vir ‘n SAMA toekenning vir Beste Rock Groep saam met Sugerdrive, Springbok Nude Girls en Wonderboom.

2004: Ere-toekenning van die ATKV vir hulle bydrae en bevordering van Afrikaanse Rock Musiek; Pendoring Reklame toekenning te AARDKLOP; Geraas (SABC 2) Musiek Toekenning vir Beste Rock Groep.

2005: Rapport/Huisgenoot tydskrif Toekenning vir Beste Groep en Album vir 2005.

2007: Ontvang Vonk en verskeie ander toekennings vir Beste Rock Album en Beste Rock Groep vir die jaar

2010: 3 Rapport VONK toekennings: Beste uitheemse song vir ‘Heel Somer Lank’, Beste Groep Album en Beste Rock Album.

2011: Huisgenoot Tempo en verskeie ander toekennnings vir Beste Rock Groep

Vollebors

Ons is Vonk-kunstenaars en daarom betrokke by Vollebors in Afrikaans. Die voorlopige beplanning is om ‘n Anton Goosen medley en FAK medley te doen en een of twee van ons eie songs.

Wanneer Anton Goosen in die Noorde optree, is ons ook sy band.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*