Wynand Strydom

Die gruisstemsanger Wynand Strydom !Dit is ‘n aangename, luisterryke musiek-ervaring. Sy getroue aanhangers sal suiwer musiek-genot hieruit put en musiekliefhebbers wat die eerste meer aan sy talent bekend gestel word, sal sy rustige vertolkstyl en luisterliedjie-aanslag waardeer.

Wynand sing graag tydlose liedjies deur van die land se beste liedjieskrywers: David Kramer se Hanne, Anton Goosen se Silver de Lange, Koos Kombuis se Lisa se Klavier, Steve Hofmeyr se Agter elke man – en, oudergewoonte, ‘n tydlose luisterliedjie deur Koos du Plessis: Koue Vuur.

Wynand Strydom se gruisstem rasper emosies met ikoniese treffers en tydlose Afrikaanse luisterliedjies!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*