Jakkie Louw

Die immergroen studente-sanger en liedjieskrywer Jakkie Louw , rock met ‘n Stellenbosch smaak en getoonset in die kuierplekke van Pretoria. Van Tollies tot Maloneys. Jakkie het bekendheid verwerf as eiesoortige storieverteller, om sy liriekskerpte, sy guitige humorsin en sy treffende byblymelodieë.

Sy vorige album, Die standvastige man, was ballade-gedrewe en op die fynproe-musiekliefhebber gerig. Dié keer is daar geen ballades nie; net ritmiese studenteliedjies vir al die Pikkewyne!

“Dis ‘n nuwe seisoen in my lewe. Ek is nou ‘n pa van twee en het ‘n goeie vrou in my lewe. My kinders het my baie geleer van myself. Partykeer moet jy net stilstaan en die lewe en die liewe mense om jou geniet. Ons moet braai, praat oor die goed wat ons laat asemhaal, laat lag en laat lewe. Ons moet ophou kla oor dinge wat ons absoluut niks aan kan doen nie. Almal wat se musiek luister, sal die humor en lekker daarvan ervaar.”

Jakkie sing: “Dis my tipe party, my tipe jol, ‘n vleisie op die kole en musiek op die radio. Ons sing daai song van ‘n bottel ras. Ons sing dit saam soos toe ons jonk was. Dis my tipe party vanaand…”

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*