Jaconell Mouton

Ontmoet Jaconell Mouton, die talentvolle musiek regisseur van Vollebors in Afrikaans. Dié talentvolle vrou werk as vryskut musikant, verwerker en vervaardiger en het reeds met die grootste name in die Suid-Afrikaanse bedryf gewerk. Sy het ook vir agt jaar saam met driemalige Grammy wenner, Jeremy Lubbock, gewerk. Jeremy het vir dertig jaar met die bestes van die beste in Hollywood gewerk o.a. Celine Dion, Michael Jackson, Barbra Streisand en menigte ander. Die samewerking tussen Jaconell & Lubbock het haar deelgemaak van projekte vir Richard Marx, Stevie Wonder, Josh Groban, Chris Botti, 3T (Michael Jackson se broerskinders) en die immergewilde jazz band, Fourplay. Jaconell het ook die verhoog gedeel met verskeie internasionale kunstenaars wie insluit Demis Roussos, Herman van Veen, Stef Bos, Dana Winner, Leo Sayer, Crash Test Dummies en ander.

In 2019 het Jaconell op die album van die negemalige Grammy genomineerde Amerikaanse saxofoonspeler, Dave Koz, gespeel. Hy het haar ook bespreek om in einde Mei en Junie vanjaar sy jaarlikse “jazz cruise” saam met hom en verskeie groot name o.a. Jonathan Butler, Brian McKnight en Kirk Whalum te doen.

Jaconell Mouton het op gehoor begin klavier speel op 4-jarige ouderdom. Sy het klassieke opleiding gekry tot op 19-jarige onderdom. Op 16 het sy ook begin saksofoon speel. Op plaaslike front is Jaconell sedert 2003 deel van die immergewilde “Noot vir Noot” en het in 2012 die leisels oorgeneem by Johan van Rensburg as musiek regisseur. Ander TV-werk sluit in “Song vir Katryn”, “Klankgrens”, “Sweepslag”, “SA Idol”, “Musiek Roulette” en die splinternuwe reeks, “In Die Kollig”. Jaconell was ook verantwoordelik vir die musiek van die film, “Stuur Groete aan Mannetjies Roux”, waar van haar oorspronklike musiek in die film gebruik is.

By Vollebors in Afrikaans sal Jaconell haar talent ten toon stel op klawerbord. Sy is ook die musiek regisseur by hierdie musikale produksie. Sy sal sorg dat die musiek en verwerkings vlot verloop, so moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop nie!

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*