Herman Kleinhans

Herman Kleinhans en Dawid de Jager het onlangs die musiek gedoen vir die reeks, “Alles Malan”, op kykNET en groot sukses behaal. Dit is aangewys as die eerste reeks in die geskiedenis van kykNET wat meer kykers gehad het as die Nuus en Binnelanders.

Sedert 2017 is al drie jingles op kykNET kanale vervaardig deur Herman.

Hy is ‘n voltydse kunstenaar, asook entrepreneur en eienaar van sy eie besigheid, Twee Vellies, wat o.a. leerskoene verkoop ‘n winkel in Jeffreysbaai.

Herman is die stigter van ‘n nuwe beweging wat binnekort bekendgestel word met die naam Optimeer Suid-Afrika (OSA). Dit bestaan uit ‘n groep mense wat bymekaarkom om te sien wat hul met hul tyd en vaardighede kan doen om Suid-Afrika te optimeer. Sy passie lê by SA en die gemeenskap en hoe om hulle te help.

Hy het onlangs twee liedjies geskryf vir Bok van Blerk wat op sy nuutste album is en is besig om te werk aan musiek vir ander kunstenaars. Hy het ook al musiek geskryf vir Andre Schwartz.

Sy liedjie, “Ek Sweer”, is die afgelope vier jaar die 8ste mees geluisterde liedjie op Apple Music en die album, TWEE se Piekniek vir Twee was die 7de mees geluisterde album op Apple Music oor die laaste 4 jaar.

Toekennings:

  • 2017: Genomineer vir 5 Ghoemas, 1 gewen vir Publiek se Gunsteling.
  • 2015 Liedjieskryfkompetisie gewen op kykNET Afrivisie – 1575 geskryf deur 411 skrywers en 2 liedjies in Top 10 en wenner van die kompetisie

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*