Juan Boucher

Juan Boucher is lankal nie meer ‘n naam wat jy nie ken nie. Hierdie goueplaat-bekroonde sanger en liedjieskrywer het homself in ons volk se harte ingesing en sy rasperstem lei die melodieë wat ‘n boer op sy plaas neurie tot die jongmense naweek na naweek vashou aan die dansvloer erens in ons land.

Hy het die musiekbedryf oorrompel met sy albums 082, Jy’s my Flavour, Gee jou hart ‘n breek, Kalm voor die storm, ens. “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie; dit word vir jou gegee deur genade” glo Juan. Met hierdie uitkyk op sy loopbaan skryf hy treffer na treffer en trap sy bakkie die land se paaie plat om sy goedvoel musiek na die warm harte van sy aanhangers te neem.

Juan weet nou al wat sy aanhangers se harte laat warm klop, en met hierdie album gee hy net meer en meer wat sy hulle vra. Juan Boucher het die resep vervolmaak om elke aspek van die vreugde van voluit lewe te bedien. Juis hierdie wat maak dat hy geliefd is onder oud en jonk!

Met sy musiek bou Juan voort op sy wenresep van Pop-Rock en beloof om sy beste werk nog te wees.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*